
=====================================================================
Man met swart baret se woorde rinkink (AV 7:2)
=====================================================================

Inhoudsoorsig

Man met swart baret se woorde rinkink

N al die jare syfer Boerneef se helder, klankryke Afrikaans steeds deur na jonger geslagte op 'n manier wat niemand anders hom kon nadoen 
nie. Twee kunstenaars wat sy woorde opnuut laat klink n rinkink, is Helena Conradie en Annalise Wiid van Kaapstad.

Hul kort skemeraandproduksie in die eksklusiewe Rietkraal-eetruimte by Schoemanshoek net buite Oudtshoorn gedurende die Klein Karoo 
Nasionale Kunstefees heet Makie Mooigoed Staan. Dis ook die titel van hul eerste CD, wat onlangs in Kaapstad deur Afrimusik bekend gestel 
is en deur dr. J.C. Kannemeyer as "skitterende interpretasies" bestempel is.

Die twee Kapenaars het mekaar toevallig in 1997 leer ken. Dit sou die herdenking wees van Boerneef se honderdste verjaardag en Helena is 
gevra om voor te dra en Annalise om te sing. Hul versnit van woord en lied was so geslaag dat versoeke vir nog optredes gevolg het. Die 
kommentaar van 'n jongeling uit Pretoria het hulle verder aangespoor: "Jislaaik, wie is hierdie Boerneef ou? Kan 'n mens van sy boeke 
koop?"

Annalise, aanvanklik 'n grafiese ontwerper, is 'n wreld- en gedagtereisiger wat gospel soos chansons laat klink. Van die talentvolste 
kunstenaars op di gebied, Christa Steyn, Jannie du Toit en Johan Heystek, het saam met haar die verwerkings van haar CD's "Kaalvoet," 
"Naglied" en "Ons" gedoen.

Helena het 'n honneursgraad in drama aan die Universiteit van Stellenbosch behaal en het buiten haar betrokkenheid by amateurtoneel 16 jaar 
'n dramaskool van haar huis af bedryf. Sy stel tans 'n program oor Sheila Cussons saam en het ruim publisiteit geniet vir Enkelvlug, 'n 
Hennie Aucamp-huldiging, Rondomtaal(ie), 'n program vir en oor Afrikaans, en Retoerkaartjie, 'n reisrevue vir Namibi.

Die Rietkraal-eetruimte van Danie Lategan se Kango Volstruisplaas op die Schoemanshoekpad 14 km buite Oudtshoorn bestaan uit drie 
rietdakhuisies wat net by spesiale geleenthede vir die publiek oopgestel word, en 'n ideale geleentheid is di tweetal se 
skemeraandproduksie. Hul program duur net 35 minute sodat dit moontlik is om daarna ook ander dinge te doen. By 'n fees is dit moontlik om 
die aandvertonings by te woon. Van die Lategan plaas is daar 'n panoramiese uitsig oor die hele vallei. Vars plaasbrood en sop is 
beskikbaar.

Die Boerneef program bestaan in hoofsaak uit Boerneef se goiingrympies wat hy n sy aftrede as professor aan die Universiteit van Kaapstad 
geskryf het. Sy sienings van die berg en stad is so vars soos vanoggend se suidoos: "As die wit wolk oor die kranse stort/ en die Kaap en 
die Boland dae lank/ deur 'n wegwaaiwind gegesel word "

Die woorde van die man met die swart baret en rooi haakdoringbessietjies in die knoopsgat leef voort. Verdere inligting is beskikbaar by 
Helena Conradie. Faks: 021-9141262; e-pos: paconrad@mweb.co.za. Jacqueline Leuvennink, 'n vryskutjoernalis.

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av7212.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999, 2000       Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- April 2000 /// Gee kans! Afrikaans se saak groei wreldwyd (AV 7:2) /// 
Trust het miljoene geskenk (AV 7:2) /// Kursus in Afrikaans (AV 7:2) /// Limeriek I (AV 7:2) /// 'Kom ons lees en laat lees' (AV 7:2) /// 
Limeriek II (AV 7:2) /// Vroeg in nuwe eeu (hoofartikel) (AV 7:2) /// In memoriam Ds. Flip van der Westhuizen (AV 7:2) /// Sebrastrepe s 
hul s vir Afrikaans (AV 7:2) /// Oor Afrikaans klap woord en weerwoord (AV 7:2) /// Tyd van liefh het aangebreek (AV 7:2) /// Man met 
swart baret se woorde rinkink (AV 7:2) /// 'Losing my religion' (AV 7:2) /// Taalslordigheid berokken skade (AV 7:2) /// Limeriek III (AV 
7:2) /// 'Etse! Tjeend gaan met grrawater uit!' (AV 7:2) /// Dans uit vergange se dae (AV 7:2) /// Nergensland (AV 7:2) /// Nag vol 
feeste! (AV 7:2) /// Duitser berig in Afrikaans uit Europa (AV 7:2) /// Staande ovasie vir Afrikaans (AV 7:2) /// Duitse toewyding 
toegespits op Afrikaans (AV 7:2) /// Ambassade reik kosbare CD uit (AV 7:2) /// 'Bubbelbad' borrel (AV 7:2) /// Waar's daai gogga? (AV 7:2) 
/// Wind van voor is niks nuuts nie (AV 7:2) /// Afrikaans en die jeug (AV 7:2) /// Hoe praat jy met tieners? (AV 7:2) /// Onthou om nie te 
vergeet nie (AV 7:2)

